TRIOMF Kunsmis, 'n vertroude en goed gevestigde kunsmishandelsnaam, is steeds op die wenpad as vervaardiger van topkwaliteit, hoë verrigting kunsmisprodukte. Ontdek die wêreld van TRIOMF en maak kennis met hul revolusionêre produkte, vooruitstrewende diens en dinamiese span.

LOADING...
 

TRIOMF Kunsmis voer in, vervaardig, meng en versprei gesofistikeerde kunsmis en ander landbou produkte. Met die vertroue van vele geslagte, bly TRIOMF Kunsmis steeds die voorkeur keuse vir die hoogste gehalte kunsmis, toegevoegde waarde “Agri” dienste, kundigheid en ander landbou produkte. TRIOMF Kunsmis spog met ‘n wye reeks super-gespesialiseerde kunsmis en ander landbou produkte en sluit in: korrelkunsmis, vloeibare kunsmis en blaarvoedingsprodukte asook ander spesialiteits landbou produkte. TRIOMF se korrelkunsmis reeks sluit die bekende NitreX Kunsmis – Die Rooi Kunsmis, organies bedekte kunsmis, super fosfaat kunsmis en ook NitroPlus, die eerste ware homogene een-korrel kunsmis, in. TRIOMF se vloeibare kunsmis reeks sluit spesialiteit blaarvoedings landbou produkte, gabalanseerde voeding, ideale aanvullings, aanvangs voeding en ook grond voorbereidings kunsmis in.